Afrikaans | English

Gold Reef Estate is ontwikkel deur 'n ontwikkelaar met 'n besondere passie vir eiendom.  Die passie van die spesifieke ontwikkelaar behels die beplanning, ontwerp en konstruksie van hoë kwaliteit residensiële eiendomme. 

Die kompleks is uitsluitlik ontwikkel met die doel om die eenhede te verhuur en is ontwerp en gekonstruktureer om aan huurders 'n eksklusiewe, stylvolle en unieke tuiste te bied.  Ons is dus tot ons inwoners se diens!

Gold Reef Estate was besonder bevoorreg om twee toekennings te ontvang.  Gedurende 2004 is Gold Reef Estate gebou en ontvang die hoogste toekenning wat 'n onvoltooide kompleks kan ontvang, naamlik:  "Die kompleks wat die hoogste aanbeveel word ten opsigte van konstruksie kwaliteit en binnehuis afwerking"  Gedurende 2005 ontvang Gold Reef Estate die toekenning as die BESTE VOLTOOIDE KOMPLEKS ten opsigte van konstruksie kwaliteit en binnehuis afwerking van die NHBRC. 

Ons nooi u dus nou uit om saam met ons die webtuiste van Gold Reef Estate te verken.




Aantekeningbesonderhede vergeet?
Kliek hier



Geen eenhede tans beskikbaar nie.


© 2012 Gold Reef Estate | www.goldreefestate.co.za | Admin | done by Creative Designs Another website by Creative Designs